ACVV – BELEID OP PRIVAATHEID
-
Gehoor.
- Hierdie beleid is van toepassing op kliënte wat aangeteken het vir die dienste wat ons lewer, asook enige of alle besoekers tot ons webtuiste, indien enige (u). Ons erken die belangrikheid daarvan om u privaatheid te beskerm met betrekking tot u Persoonlike Inligting (soos uiteengesit in die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, No 4 van 2013) wat deur ons ingewin word wanneer u van ons dienste gebruik maak.
-
Doel van die beleid
- Ons respekteer u privaatheid en neem die beskerming van persoonlike inligting baie ernstig op. Die doel van hierdie beleid is om te beskryf hoe ons inligting wat met ‘n spesifieke natuurlike of regspersoon assosieer kan word en gebruik kan word om daardie persoon te identifiseer, inwin, berg, gebruik en beskerm (“persoonlike inligting”).
- Persoonlike inligting sluit in:
- sekere inligting wat ingesamel is tydens die registrasie van ons dienste (sien onder); en
- opsionele inligting wat u vrywilliglik met ons meedeel (sien onder).
- Persoonlike inligting sluit uit:
- inligting wat anoniem gemaak is sodat dit nie ’n spesifieke persoon kan identifiseer nie;
- inligting wat permanent gede-identifiseer is wat nie met u verband hou of na u verwys nie;
- onpersoonlike statistiese inligting wat deur ons ingewin en saamgestel is en inligting wat u vrywilliglik in ’n oop, openbare omgewing of forum met ons meegedeel het, insluitend (sonder beperking) enige webdagboek (blog), kuberkuierkamer, gemeenskap, klein advertensies of besprekingsblad. Omdat die inligting in ’n openbare forum gedeel is, is dit die meer vertroulik nie en val nie onder persoonlike inligting wat onderhewig is aan die beskerming van hierdie beleid nie.
-
Aanvaarding van bepalings.
- U moet al die bepalings van hierdie beleid aanvaar wanneer u vir enige van ons dienste registreer en gebruik. U mag nie van ons dienste gebruik maak as u jonger is as 18 jaar nie, of nie die wettige bekwaamheid besit om wettig- bindende kontrakte te voltooi nie. Deur hierdie beleid te aanvaar, word aanvaar dat u dit gelees het, dit aanvaar, verstaan, en instem om onderhewig te wees tot al die bepalings.
-
Veranderinge.
- Ons kan die bepalings van hierdie beleid ter enige tyd verander. Ons sal u van enige veranderinge in kennis stel deur ’n kennisgewing op ’n prominente plek op ons webtuiste te plaas of dit per e-pos uit te stuur. As u nie met die verandering saam stem nie, moet u ophou om van die diens gebruik te maak. As u aanhou om van die diens gebruik te maak na die kennisgewing van die bepalings, sal die bepalings op u van toepassing wees en dit sal aanvaar word dat u sodanige bepalings aanvaar het.
-
Insameling.
- Sodra u vir ons dienste registreer, gaan u nie meer anoniem wees vir ons nie, want u sal aan ons persoonlike inligting verskaf wat ons benodig om ons dienste te verrig. Hierdie persoonlike inligting sal insluit (indien van toepassing), maar nie beperk wees nie, tot:
- Naam, van, identiteitsnommer, maatskappynaam, maatskappy se registrasie nommer, BTW nommer;
- Fisiese adres, posadres, e-posadres, telefoonnommer, poskode;
- Naasbestaandes se inligting, mediese inligting, insluitend lys van medikasie, allergieë en dies meer.
- Inwinning vir gebruik. Ten einde die dienste aan u te lewer, sal u gevra word om op vrywillige basis addisionele inligting aan ons te verskaf, andersins bekend as “Diensinligting”.
- Opsionele besonderhede. U kan ook vrywilliglik addisionele inligting verskaf (“opsionele inligting”). Dit sluit enige inligting in wat u aan ons verskaf van enige promosies, antwoorde op opnames, registrasie en intekeninge vir sekere addisionele dienste, of anders kan u die opsionele dienste wat ons lewer gebruik.
- Inwinning vanaf die soekenjin. Ons ontvang en maak opnames van inligting outomaties oor die internetgebruik op u bedienerlogboeke van ons gasheeronderneming vanaf u soekenjin, soos u internetprotokoladres (“IP- adres”), soekgewoontes, klikpatrone, weergawe van die sagteware wat geïnstalleer is, stelseltipe, skermresolusies, kleurfunksies , inproppe (plug-ins), taalstellings, koekievoorkeure, sleutelwoorde vir soekenjins, JavaScript- inskakeling, die inhoud en bladsye wat u op die webwerf besoek, en die datums en tye waarop u die webwerf besoek, paaie wat geneem is, en die tyd wat u op webwerwe en bladsye spandeer binne die webwerf (“gebruikersinligting”). Let daarop dat ander webwerwe wat besoek is voordat u op ons webwerf aanteken, persoonlike inligting binne u URL kan plaas tydens ‘n besoek daaraan, en ons het geen beheer oor sulke webwerwe nie. Gevolglik kan ‘n volgende webwerf wat URL-inligting versamel, persoonlike inligting aanteken.
- Koekies. As u na ons webwerf gaan, kan ons een of meer koekies (klein tekslêers met ‘n string alfanumeriese karakters) na u rekenaar stuur om sekere gebruiksinligting in te samel. Ons gebruik sessiekoekies (wat verdwyn nadat u u blaaier gesluit het) en blywende koekies (wat agterbly nadat u die blaaier gesluit het en wat met die hand verwyder kan word) en kan deur u blaaier gebruik word tydens latere besoeke aan ons webwerf. Ons gebruik inligting wat deur koekies versamel word om die webwerf te verbeter.
- Webbakens. Ons webwerf kan elektroniese beeldversoeke bevat (‘n “enkel- pieksel gif” of “webbaken” versoek genoem) wat ons in staat stel om bladsye te tel en toegang tot koekies te verkry. Enige elektroniese beeld wat as deel van ‘n webblad (insluitend ‘n advertensiebanier) beskou word, kan as ‘n webbaken dien. Ons webbakens versamel, win in, monitor of deel nie u persoonlike inligting nie. Ons gebruik dit bloot om anonieme inligting oor ons webwerf saam te stel.
- Doel vir insameling. Ons mag enige diensinligting en opsionele inligting wat u verskaf, gebruik vir die doeleindes wat aan u aangedui word vanaf die tydstip waartoe u instem om sulke opsionele inligting te verskaf. Ons kan u gebruiksinligting gebruik vir die doeleindes wat in 5.4 en 5.5 hierbo beskryf word, en om:
- u inligting te bewaar sodat u nie weer dieselfde inligting hoef te verskaf as u sou verkies om weer van ons dienste gebruik te maak na beëindiging nie;
- statistieke wat ons nodig ag om te monitor vir ons besigheid; en
- u inskrywings, voorleggings en status na te spoor in enige promosies of ander aktiwiteite in verband met u gebruik van die webwerf.
- Sodra u vir ons dienste registreer, gaan u nie meer anoniem wees vir ons nie, want u sal aan ons persoonlike inligting verskaf wat ons benodig om ons dienste te verrig. Hierdie persoonlike inligting sal insluit (indien van toepassing), maar nie beperk wees nie, tot:
-
Toestemming tot insameling.
- Ons sal u toestemming vra om persoonlike inligting in te samel:
- Ooreenkomstig met die toepaslike wetgewing; en
- Wanneer u enige registrasie- en opsionele inligting aan ons verskaf.
- Ons sal u toestemming vra om persoonlike inligting in te samel:
-
Gebruik.
- Ons mag administratiewe boodskappe en e-posopdaterings aan u stuur rakende ons dienste.
-
Openbaarmaking.
- Deel:
- Ons mag u persoonlike inligting met ‘n geaffilieerde deel, in welke geval ons van die geaffilieerde sal vereis om hierdie privaatheidsbeleid na te kom.
- Ons diensverskaffers onder kontrak wat help met dele van ons werksaamhede. Ons kontrakte bepaal dat hierdie diensverskaffers u inligting slegs gebruik in verband met die dienste wat hulle vir ons verrig en nie tot hul eie voordeel nie;
- Kredietburo’s om rekening inligting aan te meld, soos deur die wet toegelaat;
- Bankvennote soos vereis deur kredietkaart-assosiasiereëls vir opname op hul lys van beëindigde handelaars (in die geval dat u die Dienste gebruik om betalings te ontvang en u aan hul kriteria voldoen);
- Reguleerders. As u ons kontak met betrekking tot u ervaring met die gebruik van enige van ons produkte, kan ons u persoonlike inligting bekend maak soos vereis deur die wet of regeringsoudit.
- Wetstoepassing. Ons mag persoonlike inligting openbaar indien nodig:
- deur ’n dagvaarding of hofbevel;
- om aan enige wet te voldoen;
- om die veiligheid van enige individu of die algemene publiek te beskerm;
- om skending van ons diensvoorwaardes te voorkom.
- Geen verkope nie. Ons sal nie persoonlike inligting verkoop nie. Geen persoonlike inligting sal aan iemand bekend gemaak word nie, behalwe soos in hierdie privaatheidsbeleid uiteengesit.
- Bemarkingsdoeleindes. Ons kan saamgestelde statistieke (inligting oor die kliënte- populasie in algemene terme) aan navorsers of sakevennote bekend maak.
- Verandering van eienaarskap. As ons ‘n verandering in eienaarskap, of ‘n samesmelting met, verkryging of verkoop van bates aan ‘n ander entiteit ondergaan, kan ons ons regte op die persoonlike inligting wat ons verwerk aan ‘n opvolger, koper of afsonderlike entiteit toewys. Ons sal die oordrag op die webwerf bekend maak. As u bekommerd is oor u persoonlike inligting wat na ‘n nuwe eienaar migreer, kan u ons versoek om u persoonlike inligting te skrap.
- Werknemers. Ons sal persoonlike inligting aan ons werknemers moet bekend maak wat die persoonlike inligting benodig om hul werk te verrig.
- Deel:
-
Veiligheid van persoonlike inligting.
- Ons beskerm u persoonlike inligting met behulp van rekenaarbeskermings- maatreëls soos brandmure (firewalls) en datakodering om persoonlike inligting te beskerm, en ons gee slegs toegang tot persoonlike inligting aan die werknemers wat dit benodig om hul werksverpligtinge na te kom.
-
Akkuraat en op datum.
- Ons sal probeer om die persoonlike inligting wat ons insamel so akkuraat, volledig en op datum te hou as wat nodig is vir die doeleindes uiteengesit in klousule 5.7. Ons sal u van tyd tot tyd versoek om u persoonlike inligting op te dateer. U is in staat om enige persoonlike inligting wat ons van u het, te hersien of by te werk deur ons per e-pos of telefonies te skakel. Let asseblief daarop dat ons stappe neem om u identiteit te verifieer om u en u persoonlike inligting beter te beskerm.
-
Bewaring van persoonlike inligting.
- Ons sal slegs u persoonlike inligting bewaar vir solank as wat dit nodig is om die doeleindes in klousule 5.7 te bereik, tensy:
- bewaring van die rekord deur die wet vereis of gemagtig word; of
- u ingestem het om die rekord te bewaar. Gedurende die tydperk van bewaring sal ons voortgaan om ons nie-openbaarmakingsverpligtinge na te kom en sal ons nie u persoonlike inligting deel of verkoop nie.
- Ons sal slegs u persoonlike inligting bewaar vir solank as wat dit nodig is om die doeleindes in klousule 5.7 te bereik, tensy:
-
Oordragte van persoonlike inligting buite Suid-Afrika.
- Ons kan persoonlike inligting aan ’n ander land buite Suid-Afrika oorstuur of oorplaas. Persoonlike inligting kan gestoor word op bedieners in ’n land buite Suid-Afrika waarvan die wette wat persoonlike inligting beskerm, nie so streng is soos die wette in Suid-Afrika nie. U gee toestemming dat ons u persoonlike inligting verwerk in ’n ander land waarvan die wette rakende die verwerking van persoonlike inligting minder streng kan wees.
-
Opdatering of verwydering.
- U kan kies om die persoonlike inligting wat u aan ons gestuur het, reg te stel of op te dateer deur ons per e-pos of telefonies te kontak.
-
Navrae.
- As u enige vrae of probleme het wat voortspruit uit hierdie privaatheidsbeleid of die manier waarop ons persoonlike inligting hanteer, kan u ons gerus kontak.
